Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar dié verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand 'n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.
Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen verskyn.