|
Marga Jonker is gebore op 6 Februarie 1964 op Vredenburg aan die Weskus. Sy het 'n onderwysdiploma aan die Wellington Onderwysers-kollege, 'n BA-graad met Xhosa en Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch, en 'n verdere diploma in Vroeë Kinderontwikkeling aan die Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Marga is tans die Xhosa derdetaal-onderwyseres aan die Voorbereidingskool Durbanville. Sy wou van kleins af graag skryf en het gedigte in haar dagboeke geskryf. Sy het egter eers in haar veertigerjare dapper genoeg gevoel om van haar werk in Afrikaans aan uitgewers voor te lê. Marga en haar eggenote, PG, woon in Durbanville saam met hulle drie kinders, Hardus, Anita en Chris-Jan.
|