Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe - hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm.